Wil jy ’n seekosfees vir jou gesin optower terwyl die somer nog in die lug is? SuperMa en Checkers het net die regte ding. Laat die kinders met die bereiding help.

Gebraaide paprikabotter-steurgarnale

Genoeg vir 4 mense

Vir die paprikabotter sal jy die volgende nodig hê:

15 ml (1 e, plat) paprika

15 ml (1 e) vars tiemieblare

2 knoffelhuisies, gekap

50 g sagte botter

1 brandrissie, saad verwyder en gekap

10 ml (2 t) suurlemoenskil

1 suurlemoen, versap

2,5 ml (½ t) fyn witpeper

sout na smaak

Meng al die bestanddele.

Vir die steurgarnale sal jy die volgende nodig hê:

1 boks Cape Point-koningsteurgarnale, koppe af, dop en stert nog aan, ontaar en oopgevlek

20 houtsteekpenne ’n halfuur in warm water geweek

8 vars lourierblare (opsioneel)

vars suurlemoenwiggies vir voorsit

Maak elke steurgarnaal oop, vul met paprikabotter en druk toe. Ryg die steurgarnale aan die houtsteekpenne ? drie aan ’n steekpen. Plaas die lourierblare (as jy hulle gebruik) tussen die steurgarnale. Steek ’n tweede steekpen in om dit maklik te maak om die steurgarnale te hanteer wanneer jy hulle begin gaarmaak. Verkoel tot benodig. Plaas die steurgarnale op ’n warm rooster. Braai 4 minute weerskante of tot hulle heeltemal verkleur het. Verwyder van die rooster, plaas op ’n plat bord en smelt enige oorblywende paprikabotter oor. Sit voor met vars suurlemoenwiggies.

Gebraaide appelkoos-en-roosmarynbotter-geelstert

Genoeg vir sowat 6 mense

Vir die appelkoos-en-roosmarynbotter sal jy die volgende nodig hê:

30 ml (2 e) vars roosmarynnaalde

2 knoffelhuisies, gekap

50 g Turkse appelkose, grof gekap

5 ml (1 t) vars gemmer, gekap

100 g sagte botter

sout en vars gemaalde swartpeper

Plaas al die bestanddele, behalwe die botter, in ’n voedselverwerker en kap fyn. Voeg nou die botter by en meng.

Vir die geelstert sal jy die volgende nodig hê:

1 heel geelstert, oopgevlek (gebruik snoek as alternatief)

1 ryp suurlemoen

1 braaimandjie

sout en vars gemaalde swartpeper

Plaas die vis met die vel na onder op ’n braaimandjie. Druk die suurlemoensap op die vlees uit en geur met ’n bietjie sout en peper. Smeer nou die helfte van die appelkoos-en-roosmarynbotter op die vis. Maak die mandjie toe en plaas die vis met die vel na onder op die warm rooster. Jy moet die vis dophou en dit eerste aan die velkant braai. Draai dit om as die vlees begin ondeursigtig raak en braai tot die bokant verbruin. Verwyder van die mandjie en plaas op ’n houtbord of plat bord. Smeer die oorblywende botter oor die vis en sit voor met ekstra suurlemoenwiggies.

Wenk: Wanneer jy jou vis kies, laat sowat 300 tot 350 g per persoon toe en neem in ag dat die grate en kop tot die gewig van die vis bydra.

-Resepte deur Jenny Morris

Klik hier vir ’n video met Checkers se Giggling Gourmet, Jenny Morris, met maklike stappe.

e=eetlepel; t=teelepel, k=koppie