Superkosse is niks nuuts nie, maar “skoon eetgewoontes” het die idee tot ’n heel nuwe vlak gevoer. Lees ook: Weer beroertes af met hierdie kos Party klink ’n bietjie vreemd, maar ander is sommer net walglik. Ons kyk na die vreemde nuwe, gesonde kosse wat mense sowaar eet. Ingelegde kosse

Homemade vinegars. #infusion #vinegar #hybird #chiles #chili #chilipeppers #thyme #bay #garlic #scorpion #trinidad

A photo posted by Drew Mathews (@dmathews87) on
Dis nie net vir agurkies en uie nie! Om kos in te lê behels ’n preserveerproses waar dit in soutwater of asyn ingelê word, wat ook die smaak verbeter, en smulpape gebruik nou dié tegniek met mango’s, kruisement en knoffel. Seewier
Tatta krulkool, hallo seewier! Volgens The Huffington Post is verskeie spesies seeplante ’n goeie bron van kalsium en antioksidante, en ook ryk aan jodium, wat goed vir die brein is. Van die gewilde soorte sluit kelp, wake en nori in. Hou jy van die seewier wat om jou soesji gedraai is? Beproef dit met sop, kraakbeskuitjies of in ’n gesonde slaai. Plasentadrankies

placenta smoothie game strong with a side of sugar buttah cookies of course I know it sounds weird to some of you but truth is, it's extremely good for mamas. here are some key points on why I got my placenta encapsulated (raw method).. placenta encapsulations prevents and lessens the risk of postpartum depression or ‘baby blues’, replenishes iron, lends a consistent flow of oxytocin, provides the HPL hormone to help establish early and healthy milk supply, stabilizes ever changing hormones post birth, replenishes your B vitamins and energy lost during birthing, protects from infection and bleeding due to retained placenta tissue or membranes and offer natural pain relief. your placenta is a perfect medicine that your body made especially for you. no doctor could prescribe a prescription, vitamin, or herbal supplement more perfect then your placenta. cheers y'all recipe: 1C @harmlessharvest, 1Tbs @salbachia chia seeds, 1Tbs @navitasnaturals goji berries, 3Tbs @livebeaming plant protein, lots of spinach, pineapple, banana and of course.. my placenta #placenta101 #shutthekaleup #realfood #cleaneats

A photo posted by jeannette ogden (@shutthekaleup) on

Daar is geen wetenskaplike bewyse dat dit voordelig is om jou baba se plasenta te eet nie, maar bekendes soos Kim Kardashian sweer daarby. Dit help glo met buierigheid en genesing ná geboorte. Voorstanders hiervan meng dit met vrugte soos piesangs en aarbeie om dit smaakliker te maak. Kriekmeel
Kort jy proteïene en ’n hupstoot? Eet goggas! Krieke word fyngemaal tot in ’n poeiervorm en in proteïenstafies, nageregte en ander kosse gebruik. Hoekom? Want krieke en ander goggas is propvol proteïen, B12 en kalsium. Talle voedings- en gesondheidskenners is ten gunste van die gebruik van kriekmeel. Jogurt met groente

A photo posted by I Quit Sugar (@iquitsugar) on

Dit klink meer na babakos as jogurt, maar dis ten minste eetbaar. Met byvoegings soos wortels, skorsies en beet, het die jogurt beslis gesondheidsvoordele, hoewel dit dalk nie so lekker soos die soeter weergawe sal proe nie. Kos-afval

#foodwastegirl #Simplicious #SimpliciousHack #zerowaste

A photo posted by _sarahwilson_ (@_sarahwilson_) on

Dié een sal jou ten minste nie ’n fortuin kos nie. Hou op om “oortollige” kos weg te gooi en gebruik dit vir ekstra voedingstowwe in jou dieet. Kosdele soos broccoli-stamme bevat hope vesel; hoekom dit dan nie by die maaltyd insluit pleks van om dit af te sny en weg te gooi nie? Dit kan ook by slaaie gevoeg word. Bloedpoeding
Jip, die poeding word regtig van bloed gemaak – gedroogde vark- of koeibloed om presies te wees – en die Britte eet dit al jare lank. Dié ysterryke kositem is dalk nie die lekkerste “poeding” wat daar is nie, maar dit bied sterk weerstand teen bloedarmoede. En dit proe glo na wors. Boomwater

Eindelik, ’n kosneiging wat ons darem ten minste sal beproef! Die water afkomstig van berkebome, esdoringbome en kaktusplante gaan binnekort klapperwater verbysteek as dié gesonde drankie om te drink. Hierdie boomsappe bevat minder suiker en kalorieë as klapperwater, maar het glo steeds ’n lekker, vrugtige smaak.

- Litaletu Zidepa

BRONNE: express.co.uk, huffingtonpost.ca, madamenoire.com, globalfoodforums.com

Lees ook op Huisgenoot.com:

Vroue nog steeds verleë oor nabehoedpil

'n Koppie tee 'n dag kan jou hart gesond hou

So kry jy soepel armspiere soos die Hollywoodsterre

Ontbyt oorslaan ‘moontlik goed vir jou dieet’