’n Vrou (51) is glo van plan om haar van kop tot tone te laat tatoeëer met ’n Twilight-tema.

Cathy Ward, van Reading in die suidooste van Engeland, het reeds haar bolyf heeltemal laat bedek met inkmerke wat dié gewilde vampier-reeks uitbeeld.

Volgens Cathy het Twilight haar in 2008 hope gewig help afskud: Sy was glo so besig om die flieks te kyk dat daar skaars tyd was vir eet.

“Die tatoes simboliseer die groot rol wat die flieks in my lewe speel. Dit spoor my ook aan om nie weer gewig aan te sit nie,” vertel Cathy.

“Ek gaan nog tatoes kry. Ons het klaar die ontwerp vir my bene gemaak. Eindelik wil ek my hele lyf laat bedek.”

BRON: BANG SHOWBIZZ