Sunset at Montmajour. 1888, Van Gogh

’n Sogenaamde vervalste Vincent van Gogh-skildery is toe ’n egte kunswerk wat tot R480 miljoen werd is. Dit was in ’n solderkamer weggebêre.

Kenners het die landskap Sonsondergang by Montmajour ondersoek en met behulp van forensiese toetse besluit dat dit eg is. Die legendariese kunstenaar het dit volgens hulle in 1888 geskilder.

Dit kom nadat die Van Gogh-museum in 1991 gesê het hulle dink nie die werk is eg nie. Dis ook in 1908 as ’n namaaksel beoordeel en in ’n solderkamer gebêre.

- Bang Showbiz