’n Besoeker kyk na ’n selfportret van Vincent van Gogh in die Orsay-museum in Frankryk.

, berig Sunday Times.

Dit volg nadat twee susters in hul 70’s ’n stryd gewen het om die skildery, wat uit 1886 dateer, terug te kry.

Die stuk, Head of Man, is sedert 1940 in die nasionale galery van Victoria in Melbourne, Australië.

“Ons is die wettige erfgename en dit is net reg dat ons dit terugkry wat regmatig aan ons behoort,” het die twee gesê, wat om veiligheidsredes anoniem wil bly.

Volgens die koerant het die Duits-Joodse industrialis Richard Semmel sy hele kunsversameling aan die susters se ouma bemaak, maar hy is deur die Nazis gedwing om sy versameling te verkoop. Richard het toe die Van Gogh-skildery in 1933 opgeveil.

Richard het gevlug toe Adolf Hitler in 1933 Duitsland se kanselier word.

Die galery het die stuk verkry by ’n uitstalling van Franse en Britse eietydse kuns.

Die susters het Olaf Ossmann, ’n prokureur van Zürich, Switserland, gehuur om die skildery aan hulle terug te besorg.

Olaf sal na Melbourne reis om die skildery se lot met die galery se prokureur Peter Stewart te bespreek.

- Sapa