Die vermeende bylmoordenaar Henri van Breda se eerste hofverskyning het Vrydag in die Kaapse hooggeregshof plaasgevind. Hy het verskyn op drie aanklagte van moord en een van poging tot moord sowel as een klag van regsverydeling.

Regter Elize Steyn het die voorverhoor tot 18 November uitgestel en gesê die amptelike verhoor begin op 6 Februarie. Dit is onder meer uitgestel omdat volledige forensiese verslae nog bekom moet word. Die 21-jarige Henri word daarvan aangekla dat hy sy pa, Martin (54), sy ma, Teresa (56), en sy broer, Rudi (22), die aand van 26 Januarie 2015 in hul huis op die spoglandgoed De Zalze met ’n byl of soortgelyke skerp voorwerp doodgekap het. Sy suster, Marli (17), het met ernstige beserings oorleef. Dit is hoe gebeure vandag in die hof afgespeel het:

Kyk hier na 'n video van Henri vandag by die hof:

Hoe verskil die voorverhoor van die verhoor?

'n Voorverhoor is 'n ontmoeting tussen die staat en die verdediging waar die twee partye voor die regter saamkom en daar beslis word oor kwessies soos watter bewyse toegelaat sal word en watter nie. Dit help die hof om die saak spoedig aan te hoor en die regsproses meer doeltreffend te laat verloop.