Die 21-jarige Henri van Breda het hom Maandagmiddag by die Stellenboch-polisiekantoor oorgegee in verband met die grusame De Zalze-bylmoorde in 2015, het Netwerk24 pas berig.

Van Breda sonder marli

Henri se prokureur en sy meisie was volgens die nuuswebtuiste saam met hom toe hy homself aan die polisie oorgegee het.

Volgens News24 verskyn die 21-jarige verdagte Dinsdag, 14 Junie, in die landdroshof in Stellenbosch op drie klagte van moord en een van poging tot moord.

Lt.kol. André Traut het aan News24 gesê hulle ondersoek het gelei tot die in hegtenisname van die man tot waar "hy homself omstreeks 15:30 oorgegee het by die polisiestasie in Stellenbosch”.

Die nasionale vervolgingsgesag in die Wes-Kaap se woordvoerder Eric Ntbazalila wou nie kommentaar lewer op navrae oor hulle besluit om te vervolg nie. “Ons kan slegs kommentaar lewer wanneer ’n verdagte in die hof verskyn,” het hy gesê.

Die driedubbele moord op die oënskynlike perfekte Van Breda-gesin in Januarie 2015 het skokgolwe deur die land en elders gestuur.

Die polisie het die betrokke Dinsdag, 27 Januarie, omstreeks 08:00 op die moordtoneel gekom ná die middelkind, Henri, die nooddienste gebel het.

Op die begrafnisblaadjie wat uitgedeel is by Martin, Teresa en Rudi se gedenkdiens in die NG Kerk Moreletapark is dié drie se sterfdatum as 26 Januarie aangedui.

Henri is al Van Breda wat byna ongeskonde die gruwelike byl-aanval oorleef het en was 20 toe die moorde gepleeg is. Sy jonger suster was in ’n ernstige toestand ná die aanvalle en het haar geheue verloor.

Henri en sy prokureur kom by die polisiekantoor aan:

So het die nuus op Twitter gebreek: