’n Vrou van Pennsilvanië drink elke maand twee liter mensbloed omdat sy oortuig is dis goed vir haar. Julia Caples soek al langer as 30 jaar na gewillige skenkers omdat sy glo om ander se bloed te drink laat haar jonk lyk en gesond voel.

“Ek voel sterker en gesonder wanneer ek iemand se bloed drink. Ek weet wetenskaplik gesproke het bloed nie baie voedingswaarde nie, maar dalk het dit waarde wat ons nog nie ontdek het nie.”

Die 45-jarige ma van Alexi (11) en Ariel (24) beweer boonop sy is ’n vampier. Gelukkig kom die tande nie uit nie – sy sny haar gewillige slagoffers versigtig met ’n gesteriliseerde mes wat sy self ontwerp het.

Julia sê haar obsessie met bloed het in haar tienerjare begin toe sy en haar eerste kêrel gesoen en per ongeluk sy lip raakgebyt het. “Dit was ’n instink en ek het gehou van die smaak. Ek kan nie eintlik verduidelik hoekom ek lus geraak het daarvoor nie. Die behoefte het ook nooit weggegaan nie.”