Die vliegtuig het na bewering enjinprobleme ontwikkel.

Heel toevallig was die 12 passasiers onderweg om tandemvalskermspronge uit te oefen toe hulle vliegtuig onklaar geraak het.

Ses bemanningslede sou elk met ’n passasier ’n valskermsprong uitvoer, maar die oomblik het onverwags gouer gebeur as verwag.

Ooggetuies vertel hoe hulle die sesstuk kort ná mekaar uit die vliegtuig sien spring het, waarna die vlieënier ’n paar oomblikke later alleen gespring het.

Die vliegtuig het in water van sowat 3,5 m diep gesink. ’n Ondersoek na die oorsaak van die ongeluk is van stapel gestuur.

Al 13 insittendes is ongedeerd. Die burgemeester van Taupo, David Trewavas, het gesê dit was ’n besonderse gelukkige situasie dat almal valskerms byderhand gehad het toe die vliegtuig begin val.

Bronne: The Sydney Morning Herald, Sapa