Mark Bellington, Nasionale Veiligheids-en-Opleidingsbeampte van die Vereniging, het in 'n verklaring gesê dat Hennie Pretorius, 46, op die hoogte van 3.3 km uit die vliegtuig gespring het en sy valskerm het normaal oopgegaan.

“Dit het gelyk asof Pretorius glad nie reageer onder die valskerm nie. Die valskerm het in 'n reguit lyn gedaal, oënskynlik sonder enige poging tot beheer van die kant van die springer.

Hy is beseer toe hy 'n gebou buite die landingsarea van die Rustenburgse Vryvalklub by die Rustenburg-vliegveld getref het. Paramedici het hom op die toneel dood verklaar.

Die oorsaak van sy dood moet nog bevestig word.

Pretorius het onlangs 'n valskerm-versnellingsprogram voltooi . Hy het altesame 11 vryvalle voltooi.

Daar is 'n doodsondersoek ingestel en die valskermtoerusting is na 'n senior valskermtegnikus gestuur vir inspeksie.

- Sapa