Dit is presies wat die Keniaanse sen. Mike Sonke gedoen het. Hy het ’n foto wat Madiba saam met die bokslegende Muhammed Ali geneem het, gemanipuleer en ’n foto van hom daarin gesit.

[caption id="attachment_62423" align="aligncenter" width="284"]Die gemanipuleerde foto Die gemanipuleerde foto[/caption]

Hy het die foto op Facebook gesit en een van Madiba se aanhalings onderaan geskryf. “’n Goeie kop en hart is ’n formidabele kombinasie.”

Mike het intussen wyd onder skoot gekom op sosiale netwerke en dit is as “uiters smaakloos” beskryf.

Iemand het selfs gevra: “Is jy ’n senator of ’n celebrity?”

Wanneer ’n mens na die foto kyk, is dit duidelik dat die manipulasie nie baie netjies gedoen is nie, maar Mike het darem sover gegaan om die teëls in die agtergrond met ’n tuin te vervang.

Die politikus is in 2010 as ’n parlementslid gekies verkies, maar is uitgeskop omdat hy oorbelle en ’n sonbril gedra het. Hy is vanjaar as senator vir Nairobi verkies en het ’n ikoon vir jeugbemagtiging en die regte van arm mense in Kenia geword.

Die foto is 700 keer gedeel, maar die kommentaar het meestal kritiek uitgelok.

standardmedia.co.ke; telegraph.co.uk; stuff.co.nz