Die derde seisoen van Vallei van Sluiers vertel die verhaalvan drie gesiene Bolandse vrugteboerfamilies, die De Bruyns, die Robertse en die Van Rhijns . . . en van die mense wat deur dié drie families by onmin, rusies en skandale betrek word.

Die tweede seisoen het op so ’n spanningsvolle noot geëindig met verskillende kinkels in die kabel dat mens nie anderste kan as om te wonder: Gaan oom Boykie herstel na sy beroerte? Wil Emma regtig aangaan met haar ongelukkige lewe? Sal Jacques en Monique hul huweliksprobleme kan uitstryk? En wat van Beulah en Bertito?

Die nuwe seisoen begin in April op kykNET kanaal 144 en beloof om, met bekende akteurs soos Lida BothaAndré RossouwVilje MaritzJana Fischer en Nico Panagio, net so opwindend soos die vorige seisoene te wees.