Groot was sy verbasing toe hy Maandag tydens ’n inspeksie van die motor sien die voël leef nog! Dadelik het hy foto’s van die verskrikte valk geneem en op sosiale media gedeel.

[caption id="attachment_122677" align="alignnone" width="600"]Martin het Maandagoggend die voël in die sierrooster van sy werk se vlootmotor gevind. Foto: Facebook. Martin het Maandagoggend die voël in die sierrooster van sy werk se vlootmotor gevind. Foto: Facebook.[/caption]

“’n Kollega het Vrydag van Kokstad terug na Bloemfontein gereis toe sy die valk teen ’n hoë spoed tref,” skryf Martin op sy Facebook-blad.

“Sy het net vere gesien toe sy die valk tref en gedink daar het niks van die voël oorgebly nie,” skryf hy verder.

Lees ook: Sylvester die rondloperleeu se lot beslis

Sy kollega was so ontnugter, sy het bloot die vlootvoertuig weer by hul kantoor gaan los, maar “die hele naweek met haar gewete gewroeg oor die voël wat doodgery is”.

Nadat Martin Maandag die skokontdekking gedoen het dat die roofvoël nie net die trefslag oorleef het nie, maar ook die hele naweek vasgekeer was in die motor se sierrooster, het hy dadelik ’n familiekennis geskakel wat by die Bloemfonteinse dieretuin werk.

[caption id="attachment_122678" align="alignnone" width="600"]hdh Martin het 'n familiekennis wat by die Bloemfonteinse dieretuin werk gebel en en gevra om te kom help om die voël te bevry. Foto: Facebook[/caption].

Toe Tiffany Tierson opdaag, het hulle die sierrooster oopgesny en kon Tiffany daarin slaag om die valk versigtig uit die motor los te kry. “Sy het die voël teruggeneem dieretuin toe, en wonder bo wonder is dit ongedeerd.”

Die aanbieder van die gewilde natuurprogram Groen op kykNET, die natuurkenner Dave Pepler, het van die voorval te hore gekom.

“Nog nooit in my lewe het ek al van so ’n wonderlike verhaal gehoor nie,” het hy laat hoor. “Hierdie edelvalk het, soos ’n kat, beslis meer as een lewe!”

Martin het ook ’n video gedeel wat Tiffany aan hom gestuur het waar sy die gelukkige valk vrylaat.

Voorwaar ’n verhaal met ’n gelukkige einde.

– Petrus Malherbe

Ander stories op Huisgenoot.com

Jacques Terre’Blanche raak nostalgies en sing Lucas Maree se Droomvrou vir sy oorlede pa

Kleuter in die pad veroorsaak ontstellende vragmotorongeluk

Klop só lag-lag jou hoofpyn

Gucci-advertensie verbied oor ‘ongesond maer’ model