Sy was ’n nasorgtoesighouer by ’n laerskool in die Kaapse voorstad, Claremont.

Volgens wat berig word, was sy en haar twee kinders in die water by Boggomsbaai toe een van hulle in ’n sleurstroom beland het. Anya het daarin geslaag om die tiener te red, maar na haar heldedaad is sy self die see ingetrek.

“Omstanders wat in daardie stadium op die strand was, het daarin geslaag om haar uit die water te kry en sy is hospitaal toe geneem,” het die polisiewoordvoerder, kaptein Malcolm Pojie, aan News24 gesê.

Die skool waar Anya gewerk het, het haar as ’n wonderlike nasorgtoesighouer bestempel.

Op dieselfde Facebook-plasing het Anya se skoonsuster, Shamiera Barends, namens die familie almal bedank vir hul steun.

Fiona Grant het op dieselfde blad ook haar dank uitgespreek vir die manier waarop Anya met haar kinders te werk gegaan het. Sy beskryf Anya as ’n gawe, sagte en grasieuse vrou – ’n uitstekende mens om die nasorg te hanteer.

Bron: News24