Sterk seestrome hou ’n groot bedreiging in vir baaiers terwyl die nuwemaangety Donderdag inkom.

Vir baie vakansiegangers is dit nie nuus nie – News24 berig minstens 14 mense is Maandag reeds gered by Clifton se tweede strand, Bakoven, Kampsbaai en Melkbosstrand, in onderskeie voorvalle.

Die nuwemaangety het Donderdag om 08:53 begin en sal na verwagting tot Maandag 2 Januarie aanhou.

Vir veiligheid volg hiérdie NSRI-wenke:

  • Gaan na strande met lewensredders aan diens.
  • Swem slegs tussen die dele wat afgemerk is met rooi-en-geel vlae.
  • Mense wat lief is vir roei en bootry word aangeraai om die RSA Safetrx-app af te laai. Dit laat reddingsdienste onmiddelik dat jy in ’n krisis verkeer asook wat jou ligging is.
  • Die belangrikste goed om te onthou wanneer jy in ’n sterk seestroom vasgevang word, is om kalm te bly en jou arms te waai om aan te dui dat jy in nood verkeer. Onthou ook om eers parallel met die strand te swem todat jy uit die stroom is.
  • In geval van nood, skakel 112 vanaf jou selfoon.