Ons het op Facebook gevra watter lewenslesse het jy by jou pa geleer wat jou altyd sal bybly? Ons deel graag van die wonderlike kommentare en waardevolle lesse met julle.

Dinah Naómi Osche

My pa het my geleer al doen mense wat ookal aan jou, al behandel iemand jou hóé, moenie tot op hul vlak daal nie. Behandel hulle beter, wees die beter persoon.

Chrizaan Esterhuizen

Groet kos niks en as jy kan lieg, kan jy steel ook.

Mike Bennett

As jy iets reg gedoen wil hê, doen dit self.

natasha

Melisa Wessels

My pa my geleer daar is altyd ’n oplossing vir alles. Kommunikasie is baie belangrik. Eerlikheid is ál hoe ’n mens bo uit kom en hoe harder jy werk, hoe meer bewys jy jouself. My pa sal altyd iets sleg in ’n goeie ding laat verander.

Louise Elizabeth Seaman

Wat my altyd sal bybly, is sy woorde: “My kind, respekteer alle mense want almal het ’n siel. Wees liefdevol teenoor mekaar, wees geduldig en sit ’n wag voor jou mond. Eerlikheid kos niks.” Hy het ook vir my geleer om liefdevol teen oor diere te wees en die laaste is om God lief te hê bo alles.

Kierie Nieuwoudt 

Moenie as iemand reeds lê, hom nog verder vertrap nie.

Jan Elize En Jane

My pa het my geleer om altyd nederig te wees. Moet nooit neersien op enigiemand nie, more sit jy dalk in dieselfde posisie.

Magda Greyvenstein

My pa het my geleer dat niemand beter as ’n ander is nie. Hy het my ook geleer om respek te hê vir ander mense en hulle goed!

Mien Lubbe

Gracie Paul Vd Berg

Jy kan nie ’n ou kop op jong skouers sit nie. Jong mense moet self uit hul foute leer.

Joey De Vos

My pa het altyd gesê moet nie wag vir more nie want more mag dalk nie kom nie.

Elize Bezuidenhout

My pa het my geleer dat as jy twyfel oor iets moet jy dit nie doen nie. Ware wyse woorde!

Susan Cilliers

My Pa het my geleer dat mens jou wederhelf en jou werk self kies - so jy mag nie kla daaroor nie.

Nadia Van Der Merwe

My Pa leer my elke dag onbewustelik dat jy nie papiere nodig het om goed te wees in dit wat jy doen nie. Harde werk is ’n beter bewys.

Mari Els

My pa het altyd vir ons kinders gese,dink voor jy ’n ding doen, dink voor jy iets sê.

Annetjie Van der Walt

Pa Hannes het altyd gese: “Mens hoef nie arm en vuil te wees nie.” Maak nie saak hoe karig jou finansies is nie, wees trots, skoon en netjies op jouself!

MARIETJIE

Lenie Stander

My ou vader het ’n grootsheid van gees gehad wat onmeetbaar was. Sy respek vir mense van alle gelowe, rasse en ouderdomme het my inspireer.

Hessie Scott

Dit was geloof. Moet nooit ophou glo of moed verloor nie. Moet nooit ophou liefhê nie.

Elzette Muller

My pa het ons geleer om jou ouers en ander te respekteer en dat jou woord jou eer is. Moenie teen ander kompeteer nie, maar teen jouself en leer om ook vir jouself te kan lag!

judy

Maggie Beukes

My pa het my geleer dat jy nooit te oud is om te leer nie. Hy het op 60+ nog vir sy pastorale graad studeer en hy sê altyd: “Mense kan alles van jou vat, maar nie jou kennis nie.” My pa is ’n ware inspirasie vir my – en ek lief hom oneindig baie.

Trudie Swart

My pa het my laat besef die lewe gaan oor baie meer as geld en aardse goed. Wees lief vir jou kinders en harde werk sal ryklik beloon word, al is dit net in die nagedagtes van jou kinders as jy eendag nie meer daar is. Dankie pa Freek Rothmann vir die wyse les in die lewe.

Nikie Barnard

My pappa het ons geleer om onafhanklik te wees. So kan van ons susters ons self help sonder om in ander se oë te kyk. As daar byvoorbeeld geboor moet word, doen jy dit self. Jy hoef nie te wag dat dit gedoen te word nie. Ook dat huisgodsdiens baie belangrik is.

judy

Jeanette Anderson Du Plesiss

My pa het my geleer om op te staan en weer aan te gaan met my lewe. Dat dit okay is om te huil. Hy't my ma se rol oorgevat al was ons kinders reeds grootmense. Hy self was plat op die vloer na sy vrou waarmee hy 33 jaar getroud was, weg was. Deur sy manier van dinge hanteer het my pa my baie geleer.

Bianca Badenhorst

My pa het altyd gesê as jy sukses wil behaal moet daar een deur toegaan voordat ’n ander kan oopgaan. Behandel mense met respek en  jou medemens sal jou respekteer. Hy was ’n wonderlike man, pa en oupa....

Dirk Cornelius Steyn

Respek vir jou rygoed

Chrisna Scheepers

Wees die beste wat jy kan wees.

Mariëtte van den Berg

My pa het vir ons geleer as kinders jy moet dankie wees vir dit wat op jou pad kom, hy het ons geleer van waardigheid, van dissipline en oor God geleer. Hy het vir ons die woord liefde geleer deur sy optrede en gsindheid. ’n Pa wat sy alles gegee het en vir ons geleer om ons 200 persent te gee in alles wat ons saampak. ’n Pa wat tot sy laaste sal gee vir ons as kinders en vir ons diep spore getrap het. Larine Helena Rossouw My pa het my die wêreld se geduld geleer. Hy was die rustigste mens op aarde. Niks en niemand kon hom ontstel nie. Selfs na sy dood onlangs dink ek steeds aan my pa se geduld teenoor andere en hoe hy altyd die beste in iemand raakgesien het. KLIK HIER vir nog lesersbydrae op Facebook. Save Save Save Save Save Save Save Save