Die Suid-Afrikaanse glanspaar Sharlto Copley en Tanit Phoenix het onlangs afgehaak.

[caption id="attachment_118790" align="alignnone" width="450"]Tanit Phoenix en Sharlto Copley verskyn vroeër saam op die rooi tapyt. Foto Facebook Tanit Phoenix en Sharlto Copley verskyn vroeër saam op die rooi tapyt. Foto Facebook[/caption]

Die 31-jarige donkerkopskoonheid en haar kêrel, wat veral bekend is vir sy rol as Wikus van de Merwe in die film District 9, het op 15 Februarie stil-stil ewig trou beloof aan mekaar.

Tanit se modelagentskap in Suid-Afrika wou nie verklap waar die troue was nie, maar as ’n mens na haar kombuisteepartytjiefoto’s kyk, sien jy van die vieringe was in Kaapstad.

Lees ook: Taylor Swift skitter as bruidsmeisie by vriendin se troue

Die foto’s wat sy op Facebook gedeel het, wys hoe sy saam met haar ma en suster en nog vriendinne op Clifton se strand kuier op die partytjie met ’n sigeunertema.

[caption id="attachment_118792" align="alignnone" width="600"]Tanit en haar vriendinne geniet haar gypsy-henneparty in Clifton. Foto: Facebook, Tanit Phoenix Tanit en haar vriendinne geniet haar gypsy-henneparty in Clifton. Foto: Facebook, Tanit Phoenix[/caption]

“Omring met my vriendinne, my ma en suster. . . ons het gelag, gehuil, gedans en wonderlike kos geëet. Wat ’n wonderlike aand om ware liefde te vier en ’n toekomstige bruid te wees. Die vroue in my lewe beteken alles vir my en ek is so dankbaar vir hul liefde en ondersteuning – veral vir my suster, wat die wonderlike sigeunertemapartytjie gereël het. Wat ’n sprokiesaand . . .”

Lees ook: Ken jy bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars se regte naam?

Die paartjie het reeds in Januarie 2012 begin uitgaan en in Maart verlede jaar verloof geraak.

Sharlto (42) is ook ’n regisseur en vervaardiger en het al kortfilms vervaardig wat by die Cannes-rolprentfees vertoon is. Hy was ook in 2010 te sien as Howling Mad Murdock in die fliek The A-Team. Nog flieks waarin hy te sien was, is die fantasierolprent Maleficent, Elysium en Chappie.

– Marelize Potgieter

Ekstra bron: Wikipedia.org

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: Karen Zoid en Jan Blohm gee Groen Trui saam nuwe lewe

Johnson & Johnson moet R1,1 biljoen skadevergoeding betaal vir sterfte wat met babapoeier verbind word

Kyk: E-sigaret ontplof soos vuurwerk in man se broeksak