Sondag het daardie persentasie tot 100% gestyg – vir die eerste keer in ses jaar!

Toeskouers het na die dam gestroom om die ongelooflike watermassa met hul eie oë te aanskou. Wat ’n skouspel toe Nomvula Mokonyane, die minister van water en sanitasie, twee van die sluise oopgetrek het. Die sluise is oopgetrek om te help keer dat die damwal dalk bars vanweë die hoë druk wat deur die watermassa uitgeoefen word.
Verbruikers word vermaan om die water nie vanselfsprekend te aanvaar nie. Die huidige stand van damvlakke beteken dus nie die einde van watertekorte nie. Daar moet steeds met oorleg te werk gegaan word met die beskikbare waterbronne.
Alhoewel Gautengers dit as die einde van waterbeperkings in die streek sien, moet dit nog eers formeel in die Staatskoerant bevestig word.

Agt van die Bloemhofdam se sluise sou ook oopgetrek word. Daar word gewaarsku dat vloede dalk kan volg.

Bronne: ewn.co.za, enca.com, brakpanherald.co.za Meer oor die Vaaldam Die dam is in 1938 gebou. Die meer agter die damwal dek 300 km² en is 47 m diep. Die Vaaldam is aan die Vaalrivier geleë, wat allerweë as een van Suid-Afrika se sterkste vloeiende riviere bekend staan. Die Vaaldam se kuslyn beslaan meer as 800 km. Dit is die tweede grootste dam in die land.

Twitter se reaksie