[caption id="attachment_154455" align="alignnone" width="600"]Foto: Pixabay Foto: Pixabay[/caption]

Die vrou (28), wat ook in die skoolkoshuis daar woon, sou Maandagoggend in die Upington-landdroshof verskyn, het kaptein Jacques September aan Huisgenoot bevestig.

Die klagte teen die vrou hou verband met die misbruik van ’n minderjarige meisie tussen Julie 2014 en September 2015. Die meisie was 14 jaar oud toe die misdade begin het.

Volgens Jacques is onraad vermoed toe die meisie siek geraak en dokters nie kon uitpluis wat verkeerd was nie. Sy is toe na ’n sielkundige verwys met wie sy oor die voorvalle gepraat het.

Auret Nagel, die voorsitter van die skool se beheerliggaam, het by navraag gesê hulle is baie geskok. "Mens verwag nie so iets nie. Dit is baie ernstige bewerings en ons kan nie kommentaar lewer oor die meriete van die saak tot die hof uitspraak gelewer het nie."

Volgens hom is die juffrou ’n departementele aanstelling en daarom sal die departement van onderwys besluit of sy geskors moet word al dan nie.

Op hul beurt het Geoffrey van der Merwe, woordvoerder van die onderwysdepartement, Maandag bevestig dat die onderwyseres se dienste met onmiddellike effek opgeskort is hangende die hofsaak.

"Die departement is geskok en hartseer oor die ongelukkig stand van sake wat die siel van die skoolgemeenskap as ’n geheel geruk het. Veral omdat daar ’n onskuldige leerder by betrokke is," het Geoffrey gesê.

Auret voeg by dat dit belangrik is om die punt te maak dat die betrokke onderwyseres tans in aanhouding en nie by die skool is nie.