Die ateljee het Woensdag aangekondig hulle gaan ’n ruk lank nie verfilm nie sodat die rolprentbase “alle opsies kan oorweeg ten opsigte van die toekoms van die fliek”.

Verfilming aan die sewende aflewering van dié straatresies-film het in September begin. Die span was met ’n Thanksgiving-blaaskans toe Walker Saterdag in ’n grusame motorongeluk dood is. Planne om die verfilming Maandag in Atlanta voort te sit, is vir eers uitgestel.

Baie tonele van Fast & Furious 7 is al verfilm, maar dis nog hoegenaamd nie klaar nie.

Die rolprent sou in Julie aanstaande jaar uitgereik word.

Sapa