Maar ongelukkig vir Bushies Gone Wild is hulle in Donderdagaand se aflewering uitgestem.

Sherwyn Weaich (24) en Zane Jacobs (36), twee vriende van Durban, se mantra is: “Bushies, hoe lyk ons kombinasie?” Toe hulle inskryf, het hulle gesê hulle sien uit na wat hulle noem “die kosreis van ’n leeftyd”.

En sou hulle wen, wou Sherwyn sy gesin met ’n lang vakansie bederf en Zane wou van die geld gebruik om hul liefdadigheidsorganisasie, Full Tummies, Happy Smiles, te bevorder. Maar nou lê daardie drome aan skerwe.

  • Die negende episode van Ultimate Braai Master word op 6 November om 20:30 op e.tv uitgesaai.

Die negende aflewering van Suid-Afrika se moeilikste buitemuurse kookkompetisie vind in die Visrivier-afgrond in die suide van Namibië plaas; die spanning tussen die oorblywende sewe spanne loop hoog tydens ’n uitdaging oor tipiese padkafeekos.

Terwyl dit oënskynlik ’n maklike uitdaging is, sukkel baie spanne om die perfekte burger, tjips en melkskommel te maak. Die twee spanne wat die swakste vaar, moet teen mekaar meeding in ’n uitskakelingsuitdaging, waarna nog ’n span se drome beëindig word.