Team-Spectacular-Medium

Julle het heel goed gevaar en is eers in die 12de episode uitgeskakel. Was dit ’n groot teleurstelling so kort voor die einde?

Ja, ons was baie teleurgesteld; ons wou baie graag die topdrie bereik. Maar daar kan net een wenner wees. Ons het ons bes gedoen en dis al wat saak maak.

Niks in besonder het skeefgeloop nie; ons voel ons het goed gevaar en het verdien om onder die topdrie te wees.

Wat was jul onvergeetlikste oomblik in die reeks?

Om op agterpaaie deur die land te reis en te sien watter pragtige land ons het. Die snaaksste oomblik was toe ons gaan visvang het en die grootste vis inkatrol. Ons het nie eers gedink ons sou iets vang nie.

UBM het ons lewe verander, want ons is aan so baie goed blootgestel, soos die buitelewe en om kos te maak wat ons skaars by die huis maak.

Ons buitelug-gunsteling was kampeer aan die wildekus: die natuurskoon was pragtig en dit was vreedsaam.

Wat was jul grootste vrees?

Om vroeg huis toe te gaan, want ons wou so lank moontlik bly.

Hou julle van braai?

Ja! Dis lekker en enigiemand kan dit doen. Dit bring mense bymekaar, maak nie saak wat jou kultuur is nie. Ons braai graag hoender; dit het natuurlike geure en as dit goed gegeur word, kom die geure na vore, en dis lekker.