Toe sy agterna na die kantoor van Studentewelstand gaan, het die dokter aan diens haar na bewering tereggewys dat sy “laat” was en dat hy net ’n paar minute het om haar te ondersoek. Sy was uiters getraumatiseerd deur die beweerde voorval. 

Ek (het) gaan stort om al die skaamte, skuldgevoel, pyn, sy reuk, weg te was.

“Soveel so dat toe ek in my kamer terugkom nadat die geweld geëindig het, ek gaan stort het om al die skaamte, skuldgevoel, pyn, sy reuk, weg te was – en ongelukkig het ek in die stort inmekaargesak. Ek was 45 minute lank bewusteloos. 

Daar is ’n ontsaglike hoeveelheid stilmakery oor die kwessies van diskriminasie, seksuele teistering en seksuele aanranding by die UK.

“Ek het wakker geword van die koudheid van die water. Ek het besluit om ’n dokter te besoek. Ek het ’n afspraak by Studentewelstand gekry om die volgende dag ’n dokter te besoek,” het sy verlede week anoniem op die blog geskryf onder die opskrif “Gehertraumatiseer deur Studentewelstand”.

Die blog is in April 2015 begin, want “daar is ’n ontsaglike hoeveelheid stilmakery oor die kwessies van diskriminasie, seksuele teistering en seksuele aanranding by die UK. Hierdie is ’n platform om dit te verander.”

Toe hy aankom, het hy na my gekyk en skreeuend vir my gesê ek is laat en my na sy spreekkamer gelei.

“Ek het twee minute laat vir my afspraak met die dokter opgedaag, want ek het nie geweet waar Studentewelstand is nie. Die dokter was toe nog nie eens daar nie. Toe hy aankom, het hy na my gekyk en skreeuend vir my gesê ek is laat en my na sy spreekkamer gelei. 

“Hy het my gevra wat fout is. Ek het vir hom gesê ek het in die stort flou geval en ek was 45 minute lank bewusteloos en op daardie stadium was my maag geswel en taamlik seer – dit gebeur wanneer ek onder baie stres verkeer, want ek het ’n mediese toestand wat deur stres vererger word.  

Hy het gesê hy het net 15 minute per student en dit is nie genoeg tyd vir hom om aan al my klagtes aandag te gee nie.

“En ek het ook toe teësinnig vir hom gesê ek is die vorige dag verkrag. Hy het na sy horlosie gekyk en terug na my, en hy het vir my gesê ek het te veel probleme en ek moet een kies vir hom om op te fokus. Hy het toe vir my gesê hy het nie tyd om aan al my probleme aandag te gee nie veral aangesien ek laat is.  

Hy het gesê ek het flou geval weens stres en daar is geen medisyne daarvoor nie.

“Hy het gesê hy het net 15 minute per student en dit is nie genoeg tyd vir hom om aan al my klagtes aandag te gee nie. Hy het vir my gesê ek het hom pas vertraag van ’n baie belangrike verpligting wat hy ná die konsultasie het, want ek was laat. 

“Hy het my bloeddruk gemeet en vir my gesê dit is baie laag, maar daar is niks wat hy daaraan kan doen nie. Hy het gesê ek het flou geval weens stres en daar is geen medisyne daarvoor nie. Toe sê hy vir my my tyd is verstreke en hy moet loop.

Die verpleegster het vir my kom sê sy kan op my lêer sien my klagte het nie ’n dokter nodig gehad nie en ek moes net ’n verpleegster gesien het.

“En hy het gesê hy verstaan ek het baie probleme. Toe sê hy hy sal my drie gratis doktersafsprake met hom gee binne die volgende twee weke nadat hy van ’n reis teruggekeer het. Ek het so ontkrag en geminag gevoel. 

“Nadat ek sy spreekkamer verlaat het, het ek hom op pad uit met ’n verpleegster hoor praat oor wat hy gesê het terwyl ek besig was om my rekening te vereffen.

"Die verpleegster het vir my kom sê sy kan op my lêer sien my klagte het nie ’n dokter nodig gehad nie en ek moes net ’n verpleegster gesien het. Toe praat sy eksplisiet oor wat die dokter vir haar gesê het en wat sy op my lêer gelees het.  

“Die gesprek het plaasgevind in die wagkamer – ’n vol, maar stil vertrek –  en almal het haar gehoor. Ek is by Studentewelstand weg sonder MIV-profilakse, SOS-medisyne of die Pil. Ek het slegter gevoel toe ek daar wegstap as toe ek daar aangekom het. 

Vanjaar het ek uitgevind ek het ’n ongeneeslike SOS opgedoen, MPV, en dat ek ’n hoë risiko het om servikskanker te ontwikkel. Weens daardie een dokter wat my soos vullis weggegooi het.

“Ek kon myself nie sover kry om myself in ’n situasie te plaas waar ek weer geminag word nie. Toe gaan ek na die apteek en kry die Pil. Ek moes net sit en hoop ek doen nie MIV op nie. 

“Vanjaar het ek uitgevind ek het ’n ongeneeslike SOS opgedoen, MPV, en dat ek ’n hoë risiko het om servikskanker te ontwikkel. Weens daardie een dokter wat my soos vullis weggegooi het. Geen woorde kan die trauma oordra wat ek beleef het en steeds met my saamdra nie.”

Op 13 Julie 2017 het die UK gereageer met ’n verklaring aan Huisgenoot en YOU nadat ons kommentaar versoek het op die gemelde ervaring van ’n slagoffer van seksuele aanranding:

“Die Universiteit van Kaapstad erken die diep traumatiserende uitwerking wat verkragting en seksuele geweld op individue het. Ons erken ook die reg en keuse van ’n slagoffer om anoniem te bly. Die ongelukkige werklikheid is dat wanneer anonieme stellings gemaak word, dit uiters moeilik is om die kwessies te ondersoek. 

Die universiteit wil alle bewerings tot die teendeel ondersoek, maar sonder ’n klaer wat na vore kom, is dit baie moeilik om dit te doen.

Oor die algemeen is die steun aan slagoffers van seksuele geweld by die UK goed en het dit beduidend verbeter. Die universiteit wil alle bewerings tot die teendeel ondersoek, maar sonder ’n klaer wat na vore kom, is dit baie moeilik om dit te doen. 

Die UK vind die beskrywing van die gebeure soos deur die slagoffer op sosiale media uiteengesit uiters ontstellend.

Ons is ook besorg dat die bewerings ander kan ontmoedig om die dienste te gebruik sou hulle hulle in ’n posisie bevind waar hulle die steun nodig het. Daarom doen ons ’n beroep op die slagoffer om na vore te kom sodat die UK die feite behoorlik kan beoordeel en die nodige stappe doen. 

Die UK vind die beskrywing van die gebeure soos deur die slagoffer op sosiale media uiteengesit uiters ontstellend.

Die personeellede het almal opleiding ontvang en daar word van hulle verwag om ’n protokol te volg vir die bestuur van enige pasiënt wat ’n seksuele aanranding aanmeld.

Wat gewoonlik sou gebeur het, is dat die saak aangemeld en ondersoek sou word en dissiplinêre stappe dan teen beide die betrokke mentor en dokter ingestel sou word. Die UK veroordeel voorvalle van seksuele aanranding en hanteer dit spoedig so gou as was dit aangemeld word. 

Ons verwag ook van ons personeel by Studentewelstandsdienste om die hoogste professionele standaarde te handhaaf. Die personeellede het almal opleiding ontvang en daar word van hulle verwag om ’n protokol te volg vir die bestuur van enige pasiënt wat ’n seksuele aanranding aanmeld. 

Terwyl ons die reg van die betrokke student respekteer om anoniem te bly, wil ons die slagoffer aanmoedig om die saak aan te meld sodat dit hanteer kan word ingevolge die UK se interne kanale asook eksterne geregtelike stappe.”