Luidens ’n verklaring wat deur die universiteit uitgereik is, was die 13 studente Woensdagaand om 22:30 besig om in ’n laboratorium te werskaf.

Twee gewapende mans het die studente aangehou en toe beroof van hul selfone en rekenaars. Hulle het daarna te voet gevlug.

“UJ se veiligheidspersoneel is dadelik in kennis gestel en het na die toneel gegaan. Die verdagtes het skote na die reaksie-eenheid in die parkeerarea afgevuur en toe gevlug. Die reaksie-eenheid het waarskuwingsskote afgevuur en die verdagtes agterna gesit. Van die gesteelde goedere is later op kampus gevind.”

Niemand is in die voorval beseer nie, maar die studente wat in die laboratorium was, ontvang berading.

Die universiteitsbestuur help ook die polisie met hul ondersoek en het gevra dat enigiemand met inligting na vore sal kom.

Lt. Kol. Lungelo Dlamini, Gautengse polisiewoordvoerder, het gesê die polisie ondersoek sake van gewapende roof en poging tot moord.

“Niemand is nog in hegtenis geneem nie.”