Natural Machines van Barcelona is die brein agter die Foodini-masjien, wat “tegnologie, kos, kuns en ontwerp” gebruik.

Die Foodini sal jou gunstelinggeregte, soos pizza of pasta, kan berei. Jy kan ook jou kos in verskillende vorms uitdruk en boodskappe op koeke uitdruk. Die masjien sal waarskynlik £835 (sowat R14 250) kos, en middel volgende jaar te koop wees.

[post-slider]

Hoe dit werk:

Jy laai die masjien met kapsules wat met vars bestanddele gevul is. Die verskillende bestanddele word in lae ingepak en sal lagie vir lagie uitkom.

Die 3D-drukker sal byvoorbeeld eers pizzadeeg uitdruk, en dan die tamatiepasta.

Die nadele van die kosdrukker, volgens ’n woordvoerder van die maatskappy, is die Foodini outomatiseer nie al jou kosmakery nie. Dit maak ook nie kos gaar nie.

“Dit bevat ’n verhitter en kan kos warm hou, indien nodig. Maar die masjien vereis meer tyd in die kombuis as om pakkies verwerkte, bevrore of voorbereide kos oop te maak. Foodini kan kos ontwerp in verskillende vorms, ’n souttert in die vorm van ’n dinosourus uitdruk, prentjies met souse maak wat kinders met groente kan inkleur of boodskappe op roosterbrood skryf.”

Die drukker se laag-vir-laag-funksie werk goed met kos wat ’n gladde of vloeibare tekstuur het.

“Die funksie behels eerder die samevoeging van bestanddele, en moenie met gewone kos maak verwar word nie,” sê Lynette Kucsma, die mede-stigter van Natural Machines. “Dis waarskynlik die beste vir nageregte of geregte met ’n vleis- of kaasbasis, soos ravioli. Tog kan dit goed werk met baie verskillende soorte kos.”

Bronne: blogs.smithsonianmag.com; telegraph.co.uk; dailymail.co.uk

-Katlego Mkhwanazi