Eierdop-kuikens

eggshell birds first

’n Lekker werkie vir die kinders. Blaas die eiers uit: Gebruik ’n dik naald en steek ’n gaatjie versigtig bo en onder in die dop.

eggshell birds1

Blaas die inhoud uit. Verf die eiers met blou handwerkverf (of ’n kleur van jou keuse). Maak die snawels: Knip diamantvorms uit gekleurde papier en vou elkeen dubbel.

eggshell birds2

Teken vlerkies op blou sneespapier en knip hulle uit. Plak die vlerkies en snawels met handwerkgom op elke dop.

eggshell birds3

Teken ogies met ’n viltpen.

eggshell birds4

Knip stroke bruinpapier en krul elke strook deur dit oor die skêr se lem te trek. Gebruik dit vir die nessie.

Eierdop-kersies

eggshell candles first

Breek die kop van die eier versigtig af en bêre die inhoud vir Sondag se roereier of omelet.

eggshell candles1

Was die eiers en laat dit droog word. Verf die doppe buite en binne (as jy wil) met handwerkverf. Verhit was in ’n dubbelkastrol – dis nie ’n taak vir kinders nie, want warm was kan ernstige brandwonde veroorsaak. Doop stukkies winkeltou in die warm was om die lonte te maak.

eggshell candles2

Heg ’n gewiggie onderaan die tou sodat dit nie boontoe dryf nie. Plaas ’n tandestokkie oor die eier en draai die lont daarom.

eggshell candles3

Giet die warm was in ’n kleiner houer en gooi dit versigtig in die doppe. Knip die lont korter en siedaar: jul eie kersies!