Victoria Beckham het verklap sy was geskok oor die uitspattige kinderpartytjies waarheen haar kinders genooi is terwyl hulle in Los Angeles gewoon het.

Victoria en haar man, David, probeer om nie hul kinders, Brooklyn (14), Romeo (10), Cruz (8) en Harper (2), te bederf nie, en Victoria het nou onthul sy kon nie glo hoe oordadig van die partytjies was wat hulle bygewoon het terwyl hulle in Kalifornië gebly het nie.

Sy het aan die New York Times se T-tydskrif gesê: “Ons hou wat ek glo normale kinderpartytjies is. Ek was in Los Angeles by partytjies wat jou asem wegslaan. Ek bedoel, letterlik jou asem wegslaan. Mense kry selfone in daardie partytjiesakkies, daardie soort van ding. Fantastiese, fantastiese partytjies. Ons s’n is nie so nie. Hulle is normale kinderpartytjies. Ons sal ’n springkasteel kry, iemand wat gesigte verf.”

Hoewel Victoria ’n suksesvolle loopbaan as ’n modeontwerper het, vertel die stylvolle werkende ma dat haar ewe stylvolle man nie by haar raad oor sy kleredrag hoef te vra nie.

Sy het verduidelik: “Hy vra dalk soms raad as hy laat is – ‘wat moet ek dra?’ – maar in die algemeen het hy ’n goeie sin van wat vir hom werk. Ek dink hy lyk altyd goed, maak nie saak wat hy doen nie. Hy lyk letterlik altyd regtig, regtig goed.”