Suid-Afrikaners was lanklaas so geskok. Die Bokke het om presies te wees tydens die “Slag van Japan” in die Wêreldbeker in September 2015 laas so ’n skokkende nederlaag gely soos Saterdag. SA moes met ’n telling van 18-20 die aftog blaas.

(En as jy nie nie “Slag van Japan” onthou nie, kyk gerus die video hierbo!)
Suid-Afrika, die eens magtige wêreldkampioene, moes in die stof byt teen Italië, ’n span wat nog nooit die Suid-Afrikaners kon klop nie. Die Italianers het selfs eens op ’n tyd met ’n allemintige 0-101 teen die Springbokke verloor. Mark Alexander, die nuwe hoof van die Suid-Afrikaanse rugbyunie, het ná die skoknederlaag ’n verklaring uitgereik waarin hy die stand van Bok-rugby betreur.

Suid-Afrikaners is die josie in en blameer alles van swak spel, politieke inmenging tot swak afrigting. En dinge lyk op die oog af nie goed nie . . . SA het tot dusver sewe uit die 11 toetse onder Allister Coetzee se leiding verloor.

Hoe dit ookal sy, Springbok-rugby gaan deur ’n moeilike tyd en Huisgenoot-lesers het Saterdag op ons Facebook-blad met ’n paar planne vorendag gekom.

LET OP! ONS LESERS HET PLANNE:

Erika Holland: Speel met passie en nie net vir geld nie!

Shannon Boone: Coetzee moet gaan en Johan Ackerman moet afrigter wees . . . (en dit kom) van ’n Bloubul! Susan Buitendag Van Huyssteen: Miskien moet Bokke meer op veld wees en minder by die haarkapsters en tatoewinkels. Die liewe hare het meer prioriteit (as die rugby)! Jannie Plus Linda Pretorius: Ons moet ’n internasionale afrigter kry, provinsiale afrigter werk nie. Paul Van Staden: Al wat nou gaan help is drank, en hope daarvan.

Anne Greyling: Ek reken hulle moenie met elke wedstryd veranderinge met spelers bring nie – hulle sal nooit mekaar leer ken om saam te speel nie!

Cheryl Roux: Fire die lot!

Annetjie Oosthuizen: Fire politieke inmenging.

Barbara Lubbe Nel: Gee die publiek ’n kans om ’n Springbok-span te kies. Ons is immers die mense wat elke wedstyd kyk.

Anthony du Preez: Pateties, geen game plan nie. Allister moet uit, stem vir Ackerman!

Lynette Moolman Brink: ’n Afrigter vir elke speler dalk? Die huidige klomp is duidelik te min . . .

Mary Cona-Cherry: Die senior spelers maak die meeste foute! Raak ontslae van hulle! Laat SA stem wie moet watter posisie speel, want nie coach of bestuur kan dit regkry nie! Louisa Potgieter: Hulle moet maar so ’n paar stywe whisky’s drink, dalk boost dit hul moral . . . ag foei, man! Nellie Mostert: Goeie raad! Hul moet netbal probeer speel! (net ’n grappie) Mornè En Charlain Botha: Bring maar eerder vir ou Snorre terug en jaag Allister en sy klomp beginnerafrigters weg. Hy’s weg by die WP en hulle is bankrot. Hy’t skaars oorgevat en die Bokke is al klaar teen die planke ?.

Juanita Botha Van Vuuren: Maak John Plumtree coach.

El-mari Jacobs: Kry ’n nuwe afrigter en spelers wat trots is om vir die Springbokke te speel.

Angie Steyl: Coetzee moes al die Leeus wat hy gekies het in die span gesit het en hulle spelpatroon gespeel het; duidelik werk sy en sy hulpafrigters se spelpatroon glad nie.

Annalize De Bruin Oosthuyse: In 1995 toe ons die Wêreldbeker gewen het, was die Springbokspan om die beste provinsiale span gebou, 2007 dieselfde storie . . . is dit nie hoe dit moet werk nie? Vra maar net? #ACmustfall

Jaco Bok van Eck: Raad? Ja, hou op speel.

Jeanine Strydom: Maak al die Cheetahs Bokke!

Rene Klue Scholtz: Raak ontslae van die afrigter – hy kon nie eers WP afrig nie.

Leon En Yvette Kleinschmidt: Laat die publiek hulle eie span kies en laat dan die afrigter sy span kies; laat hulle teen mekaar speel – daar’s baie goeie spelers daar buite.

Andreas Venter: Goeie spelers, sonder leiding, sonder spelplan! Jaag (vir ’n begin) vir Allister weg (so gou as wat kan) asb!

Freek Jonck: Ek sal nie politics blameer nie, eerder die keurders en spelers. As ’n speler nie perform nie moet hy teruggaan klubrugby toe en hom weer opwerk. Niks van kontrakte nie – jy word betaal vir wat jy werd is vir die span.

Hanneke Erasmus: Spelers kry te veel geld! Wen of verloor! Onttrek die Bokke van alle wedstryde. Stuur hul huis toe. Back to basics. Dit maak nie sin dat spelers die hele seisoen uitstekend speel en dan in groen en goud nie die basiese goed reg doen nie! Begin wonder of wedstrydknoeiery nie ’n rol speel nie?

Jackie Thiart: Kry die jong Bokkies om te speel seker hulle sal seevier!

Anne-Mare Kotze: Maak die winkel toe.

Nadine Munchow: My raad: kry ’n buitelandse afrigter. ’n Buitelander bring ’n nuwe perspektief en die Springbokke is te voorspelbaar.

Bessie Botha Hanekom: Stuur al die afrigters op langverlof. Laat die kaptein die span kies en laat elke speler sy eie spel speel. Seker dit kan werk.

Albert Beukes: Maak Ronél Brink die afrigter.

Johan du Toit: Kry Hoërskool Piketberg se rugbyafrigter.