Terry Tomalin, een van die aktrise se agt sibbe, het as buiteredakteur vir die Tampa Bay Times, ’n koerant in Florida, gewerk en het sy gereelde reise as inspirasie vir sy werk gebruik.

Volgens die publikasie was Terry by ’n akwatiese sentrum in St. Petersburg, Florida, vir ’n lewensreddersklas met sy seun toe hy ineengestort het. Hy het toe nie weer sy bewussyn herwin nie. Terry word oorleef deur sy vrou, Kanika, en hul kinders, die 14-jarige Kai en die 12-jarige Nia.

Kanika, onderburgemeester van St. Petersburg, het aan die Tampa Bay Times gesê: “Ons is verpletter. Hy het sy familie so liefgehad, en ons vir hom.”

Lees ook: Susan Sarandon ontketen storm met skokaantyging teen Woody Allen

Terry was ’n toegewyde pa en ’n leier vir sy seun, Kai, se Padvindersgroep. Hy het ook gereeld saam met sy kinders, wat hy as sy beste reisgenote beskou het, gereis, berig die koerant.

“Terry was een van daardie pa’s wat elke kind wil hê,” het sy hegte vriend Dave Mistretta, aan die publikasie gesê.

“Hy was toegewyd. Dis wat ek uit hom sien straal het. Alles het gegaan oor morele waardes en om ’n goeie mens te wees. Hy wou hê sy kinders moes reg uitdraai.”

Neil Brown, redakteur van die Tampa Bay Times, het Donderdagmiddag die nuus van Terry se dood met die nuuskantoor gedeel en later in ’n verklaring sy hartseer oor die dood uitgespreek.

Lees ook: Tragiese dood van skool se ‘gelukbringer’ ruk gemeenskap

”Terry verpersoonlik wat dit beteken om deel van ’n gemeenskap te wees,” lui die verklaring. “As jy aan Terry dink, dink jy aan sy stories oor die mooiheid van lewe en om voordeel daaruit te trek as jy naby Tampa Bay woon. Jy dink aan sy werk as vrywilliger in die gemeenskap of jy dink aan hoe hy gereeld saam met 40 kinders gaan kamp het. Ek kan nie dink dat ek al ooit in die geselskap van ’n meer vrygewige, energieke raakvatter was nie.”

Susan van Thelma and Louise-faam is die oudste in haar groot Iers-Amerikaanse familie wat in New Jersey grootgeword het.

© Cover Media

Lees ook op Huisgenoot.com:

Reusevulkaanuitbarsting op video vasgevang

Wrakstukke van EgyptAir-straler gevind: Naasbestaandes van passasiers, bemanning ‘ingelig’

Sewejarige breek op met ma in skreeusnaakse verjaarsdagkaartjie

Daniel Craig wys ’n ernorme bedrag geld van die hand om nie meer James Bond te speel nie

Philip Moolman het die skoot hoog deur ná verlowing