In navorsing oor selfoongewoontes erken 75 persent van mense hulle gebruik hul selfoon terwyl hulle op die toilet sit.

G’n wonder dus dat daar nou ’n app is wat jy net op die toilet gebruik nie. ?Pooductive stel jou in staat om met vriende of vreemdelinge, plaaslik en in die buiteland, te gesels wat ook nes jy op daardie oomblik op enige plek ter wêreld op die toilet sit,? verduidelik Ricardo Gruber, die ontwikkelaar, op die app se webtuiste.

Die slim app laat gebruikers toe om (gelukkig) anoniem met enigiemand anders in die wêreld te praat. Dit is ’n gemeenskap wat bestaan uit mense wat almal in dieselfde posisie sit as jy (verskoon die woordspeling),? sê die ontwikkelaars.

Die ontwikkelaars van Pooductive sê dit is nie net ontwerp om jou die tyd te help omkry nie; daar is ’n ernstige boodskap agter die app met die slagspreuk “vir sk*t en giggel?.

Die ontwikkelaars hoop dit kan ook mense bewus maak van skoon water. “Ons hoop om Pooductive te koppel aan ’n klompie groot liefdadigheidsorganisasies wat skoon water en beter higiëne in ontwikkelende lande bevorder.

Die app is tans slegs by die Apple-appwinkel beskikbaar.

Bronne: itunes.apple.com, dailymail.co.uk, pooductive.com