Johannesburg se stadsraad gaan onder meer uile inspan om knaagdiere minder te maak, berig The New Age.

Die stad het R2 miljoen begroot om ’n knaagdierplaag onder beheer te bring nadat dit ’n gesondheidsrisiko geword het.

Die geld gaan bestee word aan plaagbeheermaatreëls soos knaagdierdoders, rothokke, uile en mismasjiene.

The New Age berig die stad se woordvoerder, Nthatisi Modingoane, het gesê hulle konsentreer op die knaagdiere se habitat, voor hulle voortgaan met ander metodes soos meganiese lokvalle en knaagdierdoders.

- Sapa