Só laat moet julle vanaand (Vrydag, 7 September) inskakel om ons Paralimpiese atlete in aksie te sien:

18:37 swem Natalie du Toit in die 100m-vryslag-finaal.

Hendri Herbst is 18:44 in aksie in die 400m-vryslag-finaal.

Jonathan Ntutu neem 20:25 aan die 200m-finaal deel.

Ilse Hayes en Johanna Pretorius neem 20:40 aan die verspring-finaal deel.

Jan Nehro hardloop 20:55 in die 5000m-finaal.

21:16 is Charles Bouwer in aksie in die 200m-wisselslag-finaal.

Oscar Pistorius neem 22:52 aan die eerste ronde van die 400m-uitdunne deel.

Skakel in op SuperSport6 om ons atlete in aksie te sien.

Tye verskaf deur Paralimpiese Spele Londen 2012 en kan moontlik verander. Tye is Suid-Afrikaanse tyd (CAT).

(Foto: Greatstock/Demotix)