Neuroblastoom-kanker is op 2 Februarie vanjaar by Imke gediagnoseer. Dis ’n hoërisiko-gewas wat nie algemeen voorkom nie en net een uit elke 600 kinders wêreldwyd raak. Die gewas groei hoofsaaklik op die byniere van kinders, meestal jonger as vyf jaar, en versprei dan so deur die res van hul weefsel.

Net 5 persent van kinders met dié kanker ontwikkel in neuro¬blastoom; dus ly slegs 150 kinders uit elke miljoen daaraan.

Op 17 Februarie is Imke opgeneem in die Unitas-hospitaal in Pretoria waar sy chemo ontvang het en in afsondering geplaas was. Dieselfde dag het haar ma, Ilona Geldenhuys (31) die lewe geskenk aan haar en haar man Darius, se tweeling, Zielke en Anebelle.

Inke het op Maandag 6 Junie reeds ’n operasie ondergaan om die gewas te laat verwyder, maar die aggressiewe kanker het klaar na haar rugmurg versprei. Gedurende die operasie kon dokters net 80 persent van die gewas verwyder.

Plaaslike dokters het vir Darius en Ilona gesê dat daar nie veel meer behandeling in Suid-Afrika meer tot hul beskikking is om die kanker ten volle uit Imke se liggaam te verwyder nie.

“Suid-Afrika het van die beste spesialiste en onkoloë ter wêreld. Maar Imke kort nou hemoterapie vir fase 4-kanker om die oorblywende kankerselle uit haar lyfie heeltemal te verwyder,” verduidelik Darius.

“Hierdie behandeling is ongelukkig nie in hier beskikbaar nie.

Australië is een van die lande waar hierdie behandeling al beproef is, en groot sukses met kankerlyers behaal is.

“Imke verkeer in heelwat pyn ná die operasie. Hulle gee haar morfien om die pyn te beheer en vir die volgende vier dae mag sy niks eet of drink nie,” sê Darius terwyl hy by Imke in die waakeenheid staan.

“Ek en Ilona verloor nie hoop nie. Dit is baie moeilik vir ons, maar ons glo die Here gaan ons hierdeur dra.”

Verskeie gemeenskappe het intussen ingespring met geldinsamelingsprojekte om die Geldenhuys- gesin by te staan.

Barmhartige mense landwyd het reeds R1,5 miljoen ingesamel. Maar die tyd raak min.

Skenkings kan gedoen word aan die Imke-trustfonds:

Thomas & Swanepoel

Absa Bank

Rekeningnommer: 0103 591 0456

Takkode: 632005

Swift: ABSAZAJJ

BIC: ZA632005

Verwysing: G994Imke

Stuur bewys van betaling na dariusIlona@gmail.com

Volg Imeke se vordering ook op Facebook by Prayers 4 Imke/Gebede vir Imke

Lees ook op Huisgenoot.com:

EKSKLUSIEF: ’n Groot gunsteling verlaat die Laan

Errol se meisie het nie een varkie in die hok nie

Mamma Mia! Abba-aanhangers sal hiervan hou

Liefde by die Dam: Francois van Coke kan skaars wag

Bisarre foto’s en video’s: So versorg ’n mens jou hare en naels in die ruimte . . .