Is daar ’n paar van ons bekende glansmense wat jy graag aanlyn volg? Dalk iemand wie se #selfies altyd skaamteloos in die kol is?

Nou kan jy dit ’n stappie verder neem deur aanlyn te stem vir jou gunstelinge, want dis tyd vir Channel24 se tweede jaarlikse aanlyn-toekennings!

Kies jou kroonprins of -prinses in enige van die tien kategorieë. Daar’s te kus en te keur tussen glanspaartjies, musiekmense, lywe wat jou gaan laat swymel en vlymskerp grapjasse.

Dis boonop al te lekker om om ’n lekker sterk verteenwoordiging van ons Afrikaanse sterre te sien. Wees op die uitkyk vir Bouwer Bosch, Leandie du Randt, Karlien van Jaarsveld, Brendan Peyper, Suzelle DIY, Armand Aucamp, Francois van Coke en Karen Zoid.

Wees gewaarsku - dit gaan moeilik wees om te kies!

Stemme sluit op 24 November en die wenner van ’n uiters-gesogte geskenkpak sal op 1 Desember 2015 aangekondig word.

KLIK HIER om te stem