Die platform is in Maart 2006 deur Jack Dorsey, Evan Williams, Biz Stone en Noah Glass ontwikkel en amptelik in Julie 2006 bekendgestel. Teen 2012 het meer as 100 miljoen gebruikers 340 twiets per dag die lig laat sien.

Lees: Snaakse fliekname oor Gupta-debakel op Twitter

Glansrykes, glorierykes, grapmakers en selfs die gewone Jan Rap en sy maat het deesdae ’n Twitter-profiel waar daar saam gesels, soms saam baklei en ander kere lelik kleigetrap word.

Twitter het ’n lang pad geloop nadat dit aanvanklik die platform was waarop vervelige, gewoonlik onnadenkende, oomblikke gedeel is. Wie onthou nog toe mense alles gedeel het: van wat hulle vir ontbyt gehad het tot ’n nael wat gebreek het? Teen 2012 het Twitter hoofsaaklik nuus van koerante en ander digitale platforms gedeel. Maar kort voor lank het die prentjie anders daar uitgesien. Koerante benut deesdae Twitter as een van hul primêre nuusbronne. En met goeie reg, want dis onmiddellik, in die oomblik en met foto’s wat gereeld van nut is om geloofwaardigheid aan nuusbrokkies te verleen. Twiets wat ’n groot impak op die wêreld gehad het Jack Dorsey het die heel eerste twiet die lig laat sien – en dié twiet is reeds 74 667 keer gedeel.

A, die hutsmerkie. Chris Messina het dit in 2007 eerste in ’n twiet gebruik.
Die verstommende voorval toe ’n vliegtuig op 15 Januarie 2009 in die Hudsonrivier neergestort het, is eerste op Twitter bekend gemaak. Dit was ook die eerste foto van die ramp. Al die passassiers aan boord is gered.
Twitter se spoed is op 25 Junie 2009 erg ingeperk toe daar meer as 50 000 twiets per uur gedeel is oor die koning van pop, Michael Jackson, se dood.
Twitter reik op 22 Januarie 2010 veel verder as moeder Aarde toe ruimteman TJ Creamer vanaf die Internasionale Ruimtestasie mense aanmoedig om vrae aan hom te twiet.
Min het Sohaib Athar besef sy twiet oor ’n helikopter het eintlik te doene gehad met Osama Bin Laden se einde.
Nadat die uitslae van die Amerikaanse verkiesing op 7 November 2012 het Barack Obama hierdie sprekende foto en byskrif met die wêreld gedeel.
Daai bekende selfie met Ellen de Generes en ’n rits bekendes tydens op 3 Maart 2014 die 86ste Oscar-toekenningsaand, het Twitter vir meer as 20 minute tot stilstand gedwing.
Koningin Elizabeth II het haar eerste twiet die wêreld ingestuur toe sy die opening van die Londense Wetenskapsmuseum se Inligtingstydperk-uitstalling op 24 Oktober 2014 geopen het.
Hierdie eenvoudige, dog treffende illustrasie na die aanvalle in Parys het harte aangegryp.
Bekende Suid-Afrikaners se eerste twiets: Bobby van Jaarsveld se eerste twiet.
Karen Zoid het gesê hoe sy oor Twitter voel.
Juanita du Plessis was op pad na Bloemfontein.
Kyk waar het Kurt Darren homself bevind.
Emo Adams het hierdie stukkie wysheid oor een van sy aanhangers op Twitter gedeel.
Proteas-kaptein Faf du Plessis het homself in ’n onbenydenswaardige posisie bevind.
AB de Villiers, ’n man van vele talente.
Waar was Ryk Neethling toe hy sy eerste twiet gedeel het?
Kyk net wie het op kykNET se eerste twiet verskyn.
So het Adam Tas sy teenwoordigheid op Twitter bekend gemaak.
Karlien van Jaarsveld maak haar verskyning op Twitter.
As Bakkies Botha so sê, dan doen jy so...
Joost van der Westhuizen besluit dis tyd vir Twitter.
Die pragtige aktrise Jana Strydom verklap die rede vir haar afwesigheid.

Bronne: wikipedia.com, rt.com, rtlz.nl

Saamgestel deur Annelene Oberholzer

Ander stories op Huisgenoot.com:

Chi Chi kan weer hardloop ná sy gemartel is ‘om haar vleis sag te maak’

Gaan die vonke spat in die Laan?

Dié maatreëls maak jou huis veiliger

Die foto wat die internet dronkslaan: hoeveel meisies is daar?

Dié gewilde video (wat agteruit speel) van ’n man wat tamaties sny, is vreemd strelend