Aanhangers is teleurgesteld nadat die Bulle Saterdagoggend met 14-38 teen die Blues in Albany verloor het. Teen rustyd het die telbord nog op 7-7 gestaan, maar die Superrugby-kragmeting het daarna in die Blues se guns begin draai. Op Twitter het kykers hul kommer met die Bulle se vertoning uitgespreek.

Lizo Gqoboka en Rudy Paige het daarin geslaag om vir die Bulle drieë te druk, met Handré Pollard en Tian Schoeman wat gesorg het vir doelskoppe.

Die Sharks sê ook Saterdagmiddag om 17:15 die Cheetahs die stryd aan in Bloemfontein.