#WhyMenCheat is nie net 'n vraag waarmee mans én vroue al eeue lank wroeg nie, dit was ook Donderdagmiddag die tema van 'n vuurwarm gesprek wat op Twitter gewoed het.

Lees ook: ‘Ek’t nooit gedink dit kon met ons gebeur nie,’ skryf vrou in doodeerlike brief aan haar man se minnares Dié hutsmerk het Donderdag rondom middagete begin posvat en was vinnig een van die top gesprekspunte op die sosiale netwerk. "Mans pleeg egbreuk omdat hulle meer aandag van ander mense as van hul maat kry," was een gebruiker se opmerking. Nog een meen "'n Man sal nie sy maat verneuk nie, net 'n seun sal."
Lees ook: Gelukkig getroud, maar trap graag oor die tou Mans verneuk hul maats omdat hulle nie omgee wie in die proses seerkry nie, was nog 'n gebruiker se raad.
Ander was weer vinnig om uit te wys dat dit nie net mans is wie se oë gereeld dwaal nie, maar vroue ook!

Waarom dink jy verneuk mans en vroue hul maats? Vertel ons by mieke.vlok@media24.com