Die glanspersoonlikheid het gisteraand op haar Snapchat- en Twitter-blad gesê die twee wit strepies was inderwaarheid merke op ’n marmertafel. “Die tafel op die agtergrond is van marmer, ouens, komaan!”

Kim (36) het onder skoot gekom toe oplettende gebruikers van die sosiale media die verdagte lyntjies opmerk tydens ’n onlangse Snapchat-video waarin sy oor haar kinderklerereeks praat.

Sy het egter die gerugte vinnig op Twitter afgemaak. “Ek neem nie sulke gerugte ligtelik op nie, en gaan dit vinnig uitklaar. Dis suiker wat gemors het van lekkergoed van Dylan’s Candy Shop (wat hulle besoek het).”

Sy het egter later van plan verander en in ’n nuwe video gesê dis eintlik net die tafel wat so lyk. “Oukei, ouens, ek is pas terug in my hotelkamer. En kyk na hierdie tafel, in dieselfde posisie. Dis nog steeds daar!” het sy gesê en gewys na wit merke op die marmertafel.

Bronne: Daily Mail, Twitter, Snapchat