Gedink die sosiale netwerk Twitter is net vir beroemdes wat hul vuil wasgoed in die openbaar wil was? Toe nie!

Twitter bied baie geleenthede aan onderwysers om hul kennis en belangstellings met kollegas en selfs leerders te deel.

Juffer, ’n remediërende opvoeder wat sedert 2010 onder dié skuilnaam twiet, sê Twitter is die ideale ruimte vir opvoeders om idees uit te ruil en om raad te vra. “Daar is menigte mense - plaaslik en in ander lande - wat baie gewillig is om raad te gee.”

Sy sê Twitter is veral hulpvaardig vir remediërend onderwysers wat dikwels in afsondering by skole werk. “Twitter om relevante onderwerpe deur middel van die hutsteken (hashtag) te volg.”

Hier is ’n paar redes waarom jy as ’n onderwyser twitter kan gebruik (ook in die klaskamer):

  • Jy kan maklik ’n persoonlike onderrignetwerk skep.
  • Jy kan by ander leer en raad vra.
  • Jy kan Twitter gebruik om leerders te wys hoe ’n mens sosiale netwerke verantwoordelik gebruik.
  • Jy kan blitsvinnig hulpbronne, gebeure, gedagtes en lesplanne deel.
  • Jy kan dit in jou klas gebruik om met ander onderwysers wêreldwyd te gesels.
  • Jy kan op die hoogte bly van nuus wat die onderwys raak.

“Indien jy jou Twitterrekening aan jou skool wil koppel, kan jy dit selfs gebruik om interessante idees of nuus aan jou klas of die skool se ouers te stuur.  'n Mens sou net eers met die skoolhoof daaroor moet gesels om die nodige toestemming te verkry,” raai Juffer aan.

As jy nog nie ’n Twitter-profiel het nie, kyk na hierdie oulike video wat verduidelik presies waaroor Twitter gaan en hoe ’n mens ’n profiel skep.

Sodra jy ’n Twitter-rekening het, gebruik die soek-funksie om mense op te spoor wat oor onderwysnuus twiet:

  • Kopskuifonnies @Kopskuif_onnies
  • Jonathan Jansen @JJ_UFS
  • Die department van basiese onderwys @DBE_SA
  • Jeanette de Klerk-Luttig @JeanetteDKL
  • Juffer @Teacher_in_SA

Ekstra bronne: Twitter.com, YouTube, maths-ed.blogspot