Nog ’n aardbewing van 6.3 op die Richterskaal het Nieu-Seeland getref net ’n paar uur ná ’n groot skudding van 7.8 vroeër. Twee mense het hul lewens in die aanvanklike skudding verloor. Die tweede aardbewing het die suidelike eiland omstreeks 13:45 Maandagmiddag getref net noordoos van Christchurch. Buiten hierdie groot skudding het Nieu-Seelanders meer as 40 naskokke tussen die twee aardbewings beleef. Talle inwoners is ontruim nadat die Nieu-Seelandse ministerie van burgerlike beskerming en nooddienste ’n tsoenami-waarskuwing uitgereik het. Die vloot en weermag is ingeroep om gestrande toeriste uit Kaikoura, ’n gewilde toeristedorp, te red. Kaikoura is heeltemal van die buitewêreld afgesny nadat modderstortings die hoofweg daarheen geblok het.

Volgens The Guardian is 600 inwoners en meer as 1200 toeriste daar vasgekeer na die verwoestende 7.8-aardbewing. Nóg modderstortings het ook die Clarencerivier deur sy walle laat bars en inwoners is dadelik ontruim. Volgens bronne het ’n "wal water" stroom af beweeg. ’n Groepie kayakers, wat aanvanklik gevrees is deur die vloedwaters weggespoel, is later veilig gevind. Beeldmateriaal wys die omvang van die skade, veral rondom Kaikoura. Drie koeie kon gelukkig - of ongelukkig - daarin slaag om op ’n klein eilandjie skuiling te vind nadat die res van die grond rondom hulle weggespoel het.
Die regering het reeds bevestig dat boere wat deur die ramp geaffekteer word, bygestaan sal word. Intussen is talle Nieu-Seelanders verlig die dodetal is nie so hoog soos die 2011 Christchurch-aardbewing waarin 185 mense dood is nie. Maar groot dele van die suidelike eiland se ooskus sal herbou moet word nadat die aardbewing dit onherkenbaar gebuig en gebreek het.

Duinings van hoër as 2 m het die kus kort na die aanvanklike aardbewing getref en ’n tsoenami-waarskuwing was vir die grootste deel van die nag in plek. Dit is sedertdien gelig, maar owerhede maan inwoners om steeds weg te bly van die kuslyn.

John Key, eerste minister, het bevestig die dodetal sal na verwagting laag bly, maar dat die skade aan infrastruktuur hul grootste kopseer blyk te wees.

Hierdie twintig foto's wys die omvang van die skade:

1.

2.

3.

4.

5.

6.

7.

8.

9.

10.

11.

12.

A powerful 7.8-magnitude #earthquake struck #NewZealand just after midnight, triggering a tsunami alert for the entire east coast of the South and North Islands. Tens of thousands of people were evacuated along the coast and two are confirmed dead. There have been huge landslides, rivers blocked, roads buckled, Wellington has been described as a "ghost town" and the town of Kaikoura has been almost completely isolated with roads closed and phone lines down. Local residents look at damage along State Highway One near the town of Ward • Follow the link in our bio for the latest updates on our live blog • Photograph: Anthony Phelps/Reuters • #eqnz #nzearthquake #christchurch #wellington #tsunami #kaikoura #quake

A photo posted by Guardian Australia (@guardianaustralia) on

13.

14.

15.

16.

17.

18.

19.

20.