Kol. Leonard Hlathi, Mpumalanga se provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het Maandagoggend om agtuur patrolliewerk in Lothair, naby Ermelo, gedoen toe hulle die luikrugmotor sien.

“Hulle het die voertuig gestop en gevind dat al die passasiersitplekke uitgehaal is om plek te maak vir die 20 skape.”

Sestien van hulle was reeds dood.

“Die bestuurder kon geen vervoerpermit of bewys van aankope toon nie,” het Hlathi gesê.

Dit blyk dat hy die skape op ’n plaas in Lothair gesteel het.

Die beskuldigde verskyn vandag in die hof.

Bron: Beeld.com