Of jy nou iets spitsvondigs wil kwytraak of stoom afblaas, die maklikste en vinnigste om jou sê te sê, is aanlyn op ’n sosiale

netwerk.

Maar dink voor jy twiet, so nie kom dit jou dalk duur te staan.

Vra maar die eNews-sportverslaggewer LanceWitten. Hy is geskors oor sy twiet ná ’n vrou se dood in ’n fratsongeluk toe steierwerk kort voor Linkin Park se konsert in die Kaap ineenstort.

Mense “sterf” om hulle te sien, het hy laat hoor.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.