Twee Amerikaanse identiese tweelingbroers het met twee identiese tweelingsusters getrou.

Tydens hierdie ongewone trou-seremonie het die tweeling-bruide, Darlene en Diane Nettemeier, presies dieselfde rok gedra.

“Ons het ‘n dubbel-troue gehad en ek en Darlene het besluit om dieselfde rok te dra,” het Diane tydens ‘n onderhoud op die “Jeff Probst Show” gesê.

Darlene en Diane het Mark en Craig Sanders in 1998 tydens ‘n tweelingfees in Twinsburg, Ohio ontmoet en besluit om vanjaar die knoop deur te haak. Deesdae woon die paartjies reg langs mekaar.

Maar dit stop nie daar nie. Diane en Craig het reeds self ouers geword van ‘n identiese tweeling. Hul seuns, Colby en Brady, is in 2001 gebore.

-Bang Showbizz