’n Regter het Maandag tydens ’n onderhoudsaak beslis dat ’n man net vir een van die tweelinge se onderhoud verantwoordelik is. Die rede? Net een van hulle is sy biologiese kind.

Alhoewel dit baie seldsaam is, is dit wel moontlik dat ’n vrou geboorte kan skenk aan ’n tweeling – elk met hul eie pa.

Die tweeling se ma het erken dat sy met twee mans in dieselfde week geslaap het.

Pa nr 2 sal nou verantwoordelik wees vir die ander kind se onderhoud.

Bronne: AP, Yahoo News