’n Tweejarige seun het Dinsdag in ’n swembad in Kapentabaai aan die KwaZulu-Natalse suidkus verdrink, het paramedici gesê.

Paramedici het hom uit die water gehaal en het gevorderde kunsmatige asemhaling toegepas, het die Netcare 911-woordvoerder Chris Botha gesê.

Maar hy is op die toneel dood verklaar.

“Presiese besonderhede oor hoe die kind in die swembad beland het, is vir die polisie om te ondersoek en kommentaar oor te lewer,” het Chris gesê.

- Sapa

Verwante artikels 

Wat is sekondêre verdrinking?

Speel veilig hierdie somer

Wanneer moet jy jou kinders leer swem?