’n Tweejarige het Vrydagaand verdrink en is dood verklaar by ’n mediese instelling, sê paramedici.

Die voorval het in die spogbuurt Fresnaye in Kaapstad plaasgevind.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, sê inligting van die toneel dui aan die familie het die kind – wat nie reaksie getoon het nie – in ’n motor gelaai.

“(Hulle) was besig om na die hospitaal te jaag toe paramedici hulle halfpad ontmoet het en gevorderde lewensondersteunende stappe gedoen het,” vertel hy.

“Netcare 911 paramedici het verwoed aangehou om mond-tot-mond-asemhaling toe te pas op pad na die hospitaal. Tragiese genoeg, is die kleinding ten spyte van hierdie pogings dood verklaar teen die tyd wat hulle by die hospitaal opgedaag het.”

Botha sê die omstandighede rondom die verdrinking en hoe die kind in die water beland het, word deur die polisie ondersoek.

Bron: News24