Die polisie vermoed die seuntjie, wat deur ’n familielid as Chandler Burks geïdentifiseer is, het in sy ma se handsak gevroetel toe hy op haar vuurwapen afgekom het.

Sy ma was glo ten tyde van die voorval aan die slaap. Chandler was saam met sy ma, ’n ouer broer en ’n volwasse vriendin van die gesin vanaf Noord-Carolina op reis. Hulle was as gaste by die Knights Inn in Atlanta ingeboek.

Na wat berig word, is net een skoot gevuur. Niemand anders is tydens die voorval beseer nie.

In hierdie stadium word Chandler se ma en haar vriendin deur die polisie ondervra. Dit is nog nie duidelik of daar enige klagte teen sy ma aanhangig gemaak sal word nie.

Die ondersoekspan is in hierdie stadium meer besorg oor die ernstige toestand waarin Chandler verkeer.

Bronne: mailonline.co.uk; fox5atlanta.com, walb.com;

Ander stories op Huisgenoot.com

Selena Gomez se roerende antwoord op Justin Bieber foto van hulle in gelukkiger tye/

Olivia Newton-John se ‘oorlede’ ekskêrel woon dalk in die geheim in Mexiko

Twitter is 10 jaar oud! Kyk wat was dié SA bekendes se eerste twiets

Meghan Trainor: Ek verstaan nie die hele ‘groot lippe’-neiging nie

Dié hawelose se liefdesverhaal sal jou weer in feëverhale laat glo