Patrice Price is dood nadat ’n kind haar agter die stuur van haar motor doodgeskiet het.

Luidens berigte was die kind op die agtersitplek terwyl die 26-jarige ma van drie Dinsdag op een van die snelweë in Milwaukee bestuur het.

Daar is steeds nie duidelikheid oor die ouderdom, geslag en verband tussen die kind en die slagoffer nie. Maar volgens WISN-TV het André Price gesê sy dogter is per ongeluk deur haar tweejarige seun doodgeskiet.

Patrice se kêrel is ’n sekuriteitsbeampte en die vermoede bestaan dat hy sy vuurwapen in die motor agtergelaat het. Ooggetuies het vertel die blou vierdeurmotor het na die kant van die pad beweeg. Kourtney Blevins het aan Fox 6-nuus gesê mense was paniekerig en wou help. “Ek weet twee klein seuntjies is in ’n polisiemotor gesit.”

Ongelukkig is Patrice nie die eerste slagoffer wat deur ’n jong kind in ’n motor geskiet is nie.

Jamie Gilt, ’n vuurwapen-aktivis van Jacksonville in die deelstaat Florida, is in Maart vanjaar deur haar vierjarige seun geskiet toe hy ’n geweer op die agtersitplek van hul motor kry. Jamie was gelukkiger; sy’t oorleef.

Bronne: jsonline.com, skynews.com, nydailynews.com

Ander stories op Huisgenoot.com:

O Vet! Bertha le Roux is klaar met dieetfoefies, aanvaar sy ‘sal nooit rietskraal wees’

Vrou kap weens rare kwaal om as ’n deur klap

Groot omstredenheid heers oor Kate se asemrowende trourok jare ná sprokiestroue

Kyk die foto’s: Peperduur, baldadige Gupta-troue kompleet met Bollywood-akteurs, vuurwerk en ’n valskerm ‘wat die ring inbring’

Kyk hoe gelukkig is Dozi se eks deesdae!