Winnie se moord verlede Woensdag het skokgolwe deur dié gemeenskap gestuur ná haar man, dr. Manie Rust (83), op haar lyk in hul huis in die stil Uitsig-woonbuurt afgekom het.

“Die polisie kan bevestig dat ’n 34-jarige verdagte ook vir Winnie se moord in hegtenis geneem is en in die hof sal verskyn sodra hy formeel aangekla word,” sê konstabel Noloyiso Rwexana, ’n Wes-Kaapse polisiewoordvoerder.

“Die 18-jarige verdagte wat eerste aangekeer is, is vandag (Maandag) in die hof en die polisie kan nie verdere besonderhede bekendmaak voor sy verskyning nie.”

Luidens berigte was Rust se hande en voete vasgebind en haar mond met kleefband toegeplak en is goedere wat by Rust gesteel is, in die 18-jarige verdagte se besit gevind.

Lees ook op Huisgenoot.com:

Voormalige Mej. SA oorleef gru-ongeluk

Heftige Inge Lotz-debat ontketen sleutelvraag: Het haar eertydse kêrel haar vermoor?

En daar ontaard Riaan Cruywagen in ’n kranige worsrolbakker!

Dié spiertier spog hy gebruik al steroïede van hy 18 was

Hierdie is die een item wat jy MOET verseker maar nooit doen nie