Haar broer, Jacques Bezuidenhout, wat ook tydens die voorval ernstig beseer is, is reeds Saterdag oorlede.

Dit volg nadat Anita se man, Rudi (30), verlede week (5 Julie) ná ’n beweerde rusie petrol in die meenthuis uitgegooi en dit toe aan die brand gesteek het. Rudi is reeds daardie nag op die toneel dood verklaar.

Die paartjie het op 10 September 2014 in die huwelik getree.

Die Burn Hero Foundation Facebook-blad het Saterdag berig dat Anita ’n terugslag beleef het deurdat haar longe platgeval het en Maandag is berig dat haar toestand verder agteruitgaan.

Anita se broer, Jacques Bezuidenhout, het 100% brandwonde in die voorval opgedoen. Hy is in ’n kritieke toestand na die Job Shimankana Tabane Provinsiale Hospitaal in Rustenburg geneem, waar hy Saterdag aan sy beserings beswyk het.

Jacques se seun, Juan (20), word intussen as ’n held geloof. Hy het ernstige brandwonde aan sy bene opgedoen toe hy die brandende huis binnegegaan het om sy pa te help. Hy is op 9 Julie uit die hospitaal ontslaan.